Dante se mistieke reis: Derde tog: Paradiso ingelei, vertaal, toegelig, vertolk

Author
J.S. Krüger

Synopsis

In hierdie werk bied J.S. Krüger aan die leser ’n keurige Afrikaans vertaling en mistiekreligieuse vertolking van die Paradiso van die Italiaanse digter-denker Dante Alighieri (1265–1321). Dit is die derde deel van die grootste trilogie, Divina Commedia, bestaande uit Inferno (2013) en Purgatorio (2020), en hierdie publikasie sluit met die vertaling-vertolking van die Paradiso af. Die Paradiso is stellig een van die merkwaardigste religieuse en artistieke hoogtepunte van die Westerse beskawing, verskynend op die kruin van die Middeleeuse epog, daardie sublieme sintese van Christelike geloof en Griekse filosofie, tans opgeneem in ’n skynbaar onomkeerbare proses van disintegrasie.

’n Sentrale uitgangspunt van die boek, afwykend van die heersende sekularisme en materialisme in die post-moderne Weste, is dat religie ’n sentrale neiging en behoefte van die menslike spesie is. Die skrywer sien mistiek as verbinding van diepsinnige kognitiewe insig, emosionele suiwerheid en morele skoonheid, as die hoogste vlak van menslike ontwikkeling.

Dante se trilogie word gelees as die aanbod van ’n God-aanskouende kenner van die menslike lot van leef en sterf en hiernamaals voortleef, as inderdaad die uitdruk van Dante se eie lewensloop sy eksistensiële lyding, loutering en finale katarsis: sy besef van persoonlike tekortkominge en lyding in moeilike omstandighede (Inferno) in sy jeug; geleidelik oorkom in ’n lang proses van ballingskap in sy eie vaderland (Purgatorio); uiteindelik gefinaliseer in ’n deurbraak tot innerlike vrede in God-aanskouende saligheid kort voor sy dood (Paradiso).

Hierdie publikasie word aanbeveel vir navorsende en benieude lesers met ’n besef van religieuse krisis en die behoefte aan ’n integrerende visie: skynbaar onoorkomelike historiese diskontinuïteite en skynbaar onversoenbare hedendaagse breuke en konflikte.

                                                               ____________________________________________________

J.S. Krüger het oor die afgelope vyf dekades publikasies aangebied wat voldoen aan die hoogste internasionale standaarde vir oorspronklike navorsing, dinamiese vertalings en verantwoordelike tekstoeligting in godsdiensfilosofiese en kultuurhistoriese navorsingskontekste. Sy behendige hantering van die brontekste (in veral Latyn, Grieks, Hebreeus, Duits, Nederlands, Italiaans en verskeie Oosterse tale) het ’n wesenlike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Middeleeuse vakregister in Afrikaans. Sy nuutste werk voorsien ’n inleiding, vertaling, toeligting en nabetragting oor die derde deel van die Middeleeuse digter-filosoof, Dante Alighieri (c.1265–1321) se mistieke reis (Paradiso), in opvolging van ooreenkomstige ontledings van die eerste en tweede dele van die reis, Inferno (2013) en Purgatorio (2020).

Krüger bevestig in sy ontleding van Paradiso ’n delikate onderskeidingsvermoë tussen die wesenlike en die sydelingse, ’n magistrale vermoë om groot idee-historiesedenkkompleksein enkele teoretiese kontekste byeen te bring, ’n uitgebreidegeesteswetenskaplike en teologiese belesenheid, en ’n beleë omgaan met Middeleeuse mistieke literatuur. Bydraend en verruimend tot die internasionale navorsing word die mees onlangse spesialisbydraes vanuit die Dante-navorsing eg-skolasties in ’n magdom eindnotas toegelig. Dit sal die navorsende en belangstellende leser vreugde verskaf om te aanskou met juis hoevéél bedrewenheid en hermeneutiese soepelheid hierdie skrywer ’n gelade en subtiele teks, met soms subversiewe ondertone, vanuit ’n historiese filosofiekonstellasie vertaal en kommentarieer. Krüger skryf boeiend en toeganklik, ook vir ’n wyer Afrikaansmagtige leserspubliek: hierdie vertaling en toeligting van Dante se Paradiso is ’n onmisbare werk vir elkeen wat belangstel in die antieke en Middeleeuse kultuur-, filosofie- en literatuurgeskiedenis.

Prof. Johann Beukes, Departement Filosofie en Klassieke Tale, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Chapters

  • Voorwoord
    J.S. Krüger
  • Inleiding
    J.S. Krüger
  • Hermeneutiese gesigspunte
    J.S. Krüger
  • Canto I
    Aardse Paradys; laag van vuur; Dante, Beatrice; twee twyfels
    J.S. Krüger
  • Canto II
    Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice; misverstande opgeruim
    J.S. Krüger
  • Canto III
    Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice, Piccarda Donati, keiserin Costanza; verbreking van kloostergeloftes; grade van geluksaligheid
    J.S. Krüger
  • Canto IV
    Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice; gradasies van Hemelse geluk; absolute en relatiewe wil
    J.S. Krüger
  • Canto V
    Hemel van die Maan; Hemel van Mercurius; Dante, Beatrice; die geluksaliges in die Hemel van Mercurius; Keiser Justinianus; die betekenis van geloftes; opgang van Dante na Mercurius
    J.S. Krüger
  • Canto VI
    Hemel van Mercurius; Justinianus; grootheid van die Romeinse Ryk; bewoners van Mercurius; Guelfe en Ghibellyne; Romieu de Villeneuve
    J.S. Krüger
  • Canto VII
    Hemel van Mercurius; Dante, Beatrice; die offer van Christus; die inkarnasie; verganklikheid en opstanding
    J.S. Krüger
  • Canto VIII
    Hemel van Venus; Dante, Beatrice, Karel Martel; opstyg na Venus; voorsienigheid en die invloed van sterre
    J.S. Krüger
  • Canto IX
    Hemel van Venus; Dante, Beatrice, Karel Martel; Cunizza da Romano, Folco van Marseilles; Ragab
    J.S. Krüger
  • Canto X
    Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas; ’n kring van twaalf diep denkers
    J.S. Krüger
  • Canto XI
    Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas; Franciscus van Assisi
    J.S. Krüger
  • Canto XII
    Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Bonaventura, Dominicus
    J.S. Krüger
  • Canto XIII
    Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas
    J.S. Krüger
  • Canto XIV
    Hemel van die Son; Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Salomo; heiliges in die Hemel van Mars
    J.S. Krüger
  • Canto XV
    Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; edel afkoms van Dante; deugsaamheid van ’n vroeër Florence
    J.S. Krüger
  • Canto XVI
    Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; ydelheid van aardse roem; families van ou Florence; skommelings van fortuin
    J.S. Krüger
  • Canto XVII
    Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; die toekoms van Dante
    J.S. Krüger
  • Canto XVIII
    Hemel van Mars; Hemel van Jupiter; Dante, Beatrice; Cacciaguida; heiliges in albei Hemele
    J.S. Krüger
  • Canto XIX
    Hemel van Jupiter; Dante, Beatrice, die arend van geregtigheid
    J.S. Krüger
  • Canto XX
    Hemel van Jupiter; Dante; die Arend van geregtigheid; lied van die geseëndes; twyfel van Dante; die geheimenis van Goddelike verkiesing
    J.S. Krüger
  • Canto XXI
    Hemel van Saturnus; Dante, Beatrice; Pietro Damiano
    J.S. Krüger
  • Canto XXII
    Hemel van Saturnus; Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice, Benedictus; verval van die Benediktynse Orde
    J.S. Krüger
  • Canto XXIII
    Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice, Maria, Christus; die engel Gabriël, Petrus; die Triomfantelike Kerk
    J.S. Krüger
  • Canto XXIV
    Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Petrus, die geluksaliges; die waarheid van die geloof
    J.S. Krüger
  • Canto XXV
    Agtste Hemel: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Petrus, Jakobus, Johannes
    J.S. Krüger
  • Canto XXVI
    Agtste Hemel: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Johannes, Adam, die gesaligdes
    J.S. Krüger
  • Canto XXVII
    Primum Mobile; Dante, Beatrice; Petrus, al die saliges
    J.S. Krüger
  • Canto XXVIII
    Primum Mobile; Dante, Beatrice; die engel-intelligensies
    J.S. Krüger
  • Canto XXIX
    Primum Mobile; Dante, Beatrice; die engele-intelligensies; lesing oor die engele
    J.S. Krüger
  • Canto XXX
    Primum Mobile, Empyreum; Dante, Beatrice; die engele, die gesaligdes
    J.S. Krüger
  • Canto XXXI
    Empyreum; Dante, Bernardus, Beatrice; engele, saliges, Maria; ontmoetings in die Roos
    J.S. Krüger
  • Canto XXXII
    Empyreum; Maria, Gabriël, Dante, Bernardus; die orde van setels; kinders in die Paradys; verheerliking van Maria
    J.S. Krüger
  • Canto XXXIII
    Empyreum; die drie Persone van die Triniteit; Maria, Bernardus, Dante; die aanskouing van God
    J.S. Krüger
  • Nawoord
    J.S. Krüger

Downloads

Download data is not yet available.
Cover for Dante se mistieke reis: Derde tog: Paradiso ingelei, vertaal, toegelig, vertolk
Print ISSN
2617-5819

Details about the available publication format: PDF

PDF
ISBN-13 (15)
978-1-77995-334-6

Details about the available publication format: PURCHASE COPY

PURCHASE COPY
ISBN-13 (15)
978-1-77995-332-2
Physical Dimensions
170mm x 244mm

Details about the available publication format: KINDLE EDITION

KINDLE EDITION
ISBN-13 (15)
978-1-77995-333-9

Details about the available publication format: ORDER INQUIRY

ORDER INQUIRY
ISBN-13 (15)
978-1-77995-377-3
Physical Dimensions
170mm x 244mm